Afrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiXhosa Veeltalige Studiegids Graad 4-6
This English/Afrikaans study guide also includes QR codes to isiZulu/Afrikaans edition.
ePDF format. 1-year License
ISBN: 9781834993669
Author: Henriëtte Louw
Die doel van die gids is om addisionele ondersteuning te bied aan graad 4-6 Afrikaans Addisionele Taal-leerders in Suid-Afrika. Die aanleer van ’n taal wat moontlik jou derde of selfs vierde taal is, kan baie uitdagend wees, veral vir sprekers van Afrikatale. Die gids haal die angel uit die vele reëls deur opsommende teorie en voorbeelde te bied.
Leerders word in hierdie gids toegang gegee tot Afrikaans Eerste Addisionele Taal vakinhoud en oefeninge in Afrikaans terwyl Engels, isiXhosa en isiZulu gebruik word as hulpbronne om die bemeestering van Afrikaans te ondersteun. Hierdie boek bevat die Engels/Afrikaans weergawe en die isiXhosa/Afrikaans en isiZulu/Afrikaans weergawes is beskikbaar via QR-kodes.
Die gids kan deur leerders en ouers gebruik word om vakinhoud, na onderrig in die klas, verder vas te lê. Elke nuwe begrip bestaan uit opsommende teorie, voorbeelde en aktiwiteite oor die begrip. Die leerder bestudeer die teorie en voltooi dan die aktiwiteite om vas te stel of hy/sy dit bemeester het.
Die gids dek die kurrikulum van die intermediêre fase in een boek. Dit bied die geleentheid vir die leerders om te groei of in te haal waar nodig. Die graad 6-leerders kan byvoorbeeld met eenvoudiger oefeninge begin en die sterker graad 4-leerders kan hulself uitdaag met moeiliker aktiwiteite.
Die volledige memorandum (beskikbaar via QR-kode) bied oplossings, voorbeelde van moontlike antwoorde en assesseringsriglyne sodat die korrekte antwoorde vasgelê kan word.
Addisionele aktiwiteite word ook per graad via ’n QR-kode beskikbaar gestel.
Page count: 261 pages
Format Size: 210mm x 297mm
Format: ePDF – One Year License






Reviews
There are no reviews yet.