Afrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiZulu Veeltalige Studiegids Graad 4-6 ePDF

R110,00

+ Free Shipping

Afrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiZulu Veeltalige Studiegids Graad 4-6

This English/Afrikaans study guide also includes QR codes to isiXhosa/Afrikaans.

Die gids dek die kurrikulum van die intermediêre fase in een boek. Dit bied die geleentheid vir die leerders om te groei of in te haal waar nodig. Die graad 6-leerders kan byvoorbeeld met eenvoudiger oefeninge begin en die sterker graad 4-leerders kan hulself uitdaag met moeiliker aktiwiteite.

Hierdie gids bemagtig leerders deur hulle moedertaal te gebruik as ’n hulpbron vir sukses. Dit poog om gapings te oorbrug deur die opvoedkundeveld gelyk te maak vir alle leerders en hulle te help om leerhindernisse te oorkom.

Dit is ’n gids wat strewe na inklusiewe onderwys en die bevordering van veeltaligheid en moedertaalonderrig. Wenke om begrippe makliker te verstaan en te onthou is in die boek te vind.

Hierdie gids is die geleentheid waarop almal wat op een of ander manier by ’n leerder in graad 4, 5 of 6 betrokke is, gewag het.

Guaranteed Safe Checkout

Afrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiZulu Veeltalige Studiegids Graad 4-6

This English/Afrikaans study guide also includes QR codes to isiXhosa/Afrikaans.

ePDF format. 1-year License

ISBN: 9781834993676

Author: Henriëtte Louw

Hierdie feite het gelei tot die ontstaan van “Afrikaans Sonder Grense: ’n Veeltalige Studiegids”. ’n Studiegids vir graad 4, 5 en 6-leerders met Afrikaans as hul addisionele taal.

Die doel van die gids is om addisionele ondersteuning te bied aan graad 4-6 Afrikaans Addisionele Taal-leerders in Suid-Afrika. Die aanleer van ’n taal wat moontlik jou derde of selfs vierde taal is, kan baie uitdagend wees, veral vir sprekers van Afrikatale. Die gids haal die angel uit die vele reëls deur opsommende teorie en voorbeelde te bied.

Leerders word in hierdie gids toegang gegee tot Afrikaans Eerste Addisionele Taal vakinhoud en oefeninge in Afrikaans terwyl Engels, isiXhosa en isiZulu gebruik word as hulpbronne om die bemeestering van Afrikaans te ondersteun. Hierdie boek bevat die Engels/Afrikaans weergawe en die isiXhosa/Afrikaans weergawes is beskikbaar via QR-kode(s).

Die gids kan deur leerders en ouers gebruik word om vakinhoud, na onderrig in die klas, verder vas te lê. Elke nuwe begrip bestaan uit opsommende teorie, voorbeelde en aktiwiteite oor die begrip. Die leerder bestudeer die teorie en voltooi dan die aktiwiteite om vas te stel of hy/sy dit bemeester het.

Page count: 257 pages

Format Size: 210mm x 297mm

Format: ePDF – One Year License

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Afrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiZulu Veeltalige Studiegids Graad 4-6 ePDF”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9781834993676 asg lan 406 stg bil za cvrAfrikaans Sonder Grense: Eerste Additionele Taal – Afrikaans isiZulu Veeltalige Studiegids Graad 4-6 ePDF
R110,00